duimnael|regs|Lizzie van Zyl op haar sterfbed. duimnael|regs|Die Van Zylspas in die Kaokoveld.
Van Zyl is 'n Afrikaanse familienaam wat algemeen in Suidelike Afrika aangetref word. Die familienaam is van die Nederlandse familienaam "Van Zijl" afgelei. Dit beteken "vanaf Zijl", waar "Zijl" 'n argaïese term vir 'n keersluis is.
Noemenswaardige Van Zyls Frederik Van Zyl Slabbert (* 1940 – † 2010), politieke ontleder, sakeman, skrywer, akademikus en leier van die opposisie. Christina Susanna van Zyl (* 1926 – † 2004), Suid-Afrikaanse skrywer. Deon van Zyl, Suid-Afrikaanse akteur en vervaardiger van M-Net se sepie, Egoli. Dine van Zyl, bekroonde Afrikaanse skrywer, uitgewer en vryskutjoernalis. Irna van Zyl, Afrikaanse joernalis en skrywer. Irvette van Zyl, Suid-Afrikaanse langafstand hardloper en vroue wêreldrekord houer vir 50 km. Jasper van Zyl, (* 1987), Afrikaanse digter. Kobus van Zyl, (* 1931 – † 1985), Afrikaanse skrywer en digter. Lizzie van Zyl, inwoner van Bloemfontein-konsentrasiekamp wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog gesterf het. Pieter van Zyl, (1989-), Springbokrugbyspeler. Stefan van Zyl (1987-), Suid-Afrikaanse akademikus. Wium van Zyl, Afrikaanse skrywer. Willem van Zyl, Suid-Afrikaanse verhoogakteur. Een Van Zyl het aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem.
Sien ook Van Zylsrus, 'n nedersetting in die Noord-Kaap, Suid-Afrika.
Kategorie:Vanne Kategorie:Afrikaanse vanne