Christo Coetzee (1929–2000) was 'n Suid-Afrikaanse skilder, 'n assemblage- en neobarokkunstenaar en 'n belangrike verteenwoordiger van die avantgarde-bewegings van Europa en Japan gedurende die 1950's en 1960's.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy ontwikkel sy oeuvre onder die invloed van kunsteoretikus Michel Tapié, kunshandelaar Rodolphe Stadler, kunsversamelaar en fotograaf Anthony Denney, en die Gutai-groep van Japan. Ander kunstenaars wat veral sterk deur Tapié se Un Art Autre (1952) beïnvloed is, sluit in Georges Mathieu, Wols, Jean Dubuffet, Jean Fautrier, Hans Hartung, Pierre Soulages, Antoni Tàpies, en Lucio Fontana.

Vroeë lewe en opvoeding Christo Coetzee word op 24 Maart 1929 te Biccardstraat, Turffontein in Johannesburg aan Josef Adriaan Coetzee en Francina Sofia Kruger (1888–1964) gebore.Christo Coetzee se moeder het beweer dat sy aan Staatspresident van die ZAR, Paul Kruger, verwant was. Die familie het in die omgewing van Colesberg geboer, maar trek voor Christo se geboorte as gevolg van droogte en die verdunning van inkomste (weens 'n groot aantal seuns op die Coetzees se familieplaas, Strydpoort) na die ryk mynboustreek Witwatersrand op soek na inkomste. Christo se vader ontwikkel tuberkulose, toe omganklik as myntering bekend, en verwissel sy werk met 'n loopbaan in die boubedryf, waar 'n talent vir teken gou na voorskyn kom. Christo sou later sy kunstalent aan sy vader toeskryf, en sy besigheidsvernuf aan sy moeder. Sy vader sterf in 1939, waarna hy deur sy moeder en sy twee susters, Gertruida en Johanna, onderskeidelik twintig en sestien jaar ouer as hy, opgevoed is.

Coetzee woon Parkview Primêre Skool by en daarna Parktown Hoër Seunskool, waar hy 'n entoesiastiese kunsstudent word.

Van 1946 tot 1950 studeer hy aan die Universiteit van die Witwatersrand, waar ook Larry Scully, Cecil Skotness, Esmé Berman, Nel Erasmus, Ruth Allen (née Furness), Gordon Vorster, Anna Vorster, en Gerda Meyer (née Eloff) toe aan die studeer is. Tesame met Scully, Skotness, Vorster en Erasmus word hy deel van die sogenaamde Wits-groep, 'n ongehegte groep wat bekend is nie soseer vir enige estetiese filosofie nie, maar eerder vir die groepslede se onderskeie uiteindelik suksesvolle loopbane. Coetzee ontwerp ook dekor en kostuums vir die universiteit se dramaproduksies, en val onder die invloed van onderwysers Charles Argent, Maria Stein-Lessing, Heather Martienssen, en Marjorie Long. Laasgenoemde sou later Coetzee se eerste eggenote word.

Christo Coetzee studeer in 1951 af met 'n graad in die skone kunste, waarna hy sy eerste solo-uitstalling in Januarie van daardie jaar hou. Hierdie uitstalling word deur die direkteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Galery, John Paris,Miles, Elza. Christo Coetzee: skilder van die veranderlike konstante. Lantern 33(2), April 1984: 36-48. geopen en toon portrette in die styl van Victoriaanse daguerreotipie.Gray, Stephen. Christo Coetzee and the avant-garde. Lantern 20(4), Junie 1971: 26-35.

Loopbaan en reise

Londen, 1951–1955 Gefinansier deur 'n beurs van die Universiteit van die Witwatersrand, reis Coetzee in 1951 na Londen waar hy onder professor William Coldstream aan die Slade School of Art studeer. Die jaar daarop trou hy met Marjorie Long in Hammersmith, Londen. Hul wittebrood duur agt maande en word in die Spaanse kusdorp Benodirm in Alicante deurgebring. Nadat sy vrou na Suid-Afrika terugkeer, bring hy 'n verdere ses maande in Londen deur voordat hy aan die begin van 1953 na Johannesburg terugkeer.

Terug in sy tuisland werk Coetzee eers by Suid-Afrikaanse Spoorweë en daarna by die Universiteit van die Witwatersrand. Die kantoorwerk verveel hom, en sy lewe word tydelik opgevrolik deur 'n uitstalling van sy klein olieskilderye by die Lawrence Adler-galery in Johannesburg. Die uitstalling wek belangstelling in sy werk by die Kaapstadse kunshandelaar Louis Schachat, wat dit gevolglik sy prioriteit maak om Coetzee se werk van hierdie uitstalling en die uitstalling in 1951 in die hande te kry. Coetzee word deur wanderlust oorval en vertrek op 6 November 1953 terug na Londen. Sy huwelik met Long sou later in 1963 as gevolg van hierdie gedrag ontbind, en sy vergesel hom nooit weer op 'n internasionale reis nie.

Hierdie reis moes Coetzee self finansier; hy aanvaar dus noodgedwonge 'n onvervullende administratiewe pos by 'n tabakmaatskappy. Hy doen navraag by Gimpel Fils, waar Peter en Ernest Gimpel (neefs van Joseph Duveen) hom aanraai om aansoek te doen om 'n pos by die beramingsbesigheid van Robert Savage, waar Coetzee inderdaad 'n meer vervullende posisie opneem. Gedurende hierdie tyd neem Coetzee een van sy skilderye na Gillian Ayres by die Artists' International Association. Ayres wys die skildery aan fotograaf en stilis Anthony Denney, wat dit onmiddellik vir £12 opraap.

Denney nooi Coetzee vir aandete by sy huis te 30 St. Peter's Square, Hammersmith, Londen, waar Coetzee sy skildery bo 'n werk van Antoni Clavé sien hang. Dit was die begin van 'n lewenslange vriendskap. In 1954 trek Coetzee in een van Denney se spaarkamers in, waar hy sy huur deur middel van skilderye betaal. Denney neem sodoende omtrent tien van Coetzee se skilderye gedurende hierdie tydperk in besit.

In Maart 1955 reël Denney 'n uitstalling vir Coetzee by die Hanover-galery. Die galery had 'n reputasie vir die vertoon van uitdagende moderne kunstenaars: alumni sluit in Francis Bacon, Graham Sutherland, Alberto Giacometti, Lucian Freud, William Scott, en Henry Moore. Dít was Coetzee se eerste buitelandse uitstalling, en val toevallig saam met Richard Hamilton se solodebuut by daardie galery, wat toe deur Erica Brausen bestuur is en finansieel deur Sir Max Aitken, 2de Baronet, seun van Max Aitken, Heer van Beaverbrook, ondersteun is. Die verrigtinge is deur Loelia, Hertogin van Westminster, waargeneem.

duimnael|regs|Pompeian Lobster, ca. 1954, olie op veselbord, 120 x 120cm

Coetzee se uitstalling bestaan uit 51 portrette en stillewes. Volgens Coetzee betaal Denney £100 vir Pompeian lobster; kleiner skilderye is teen £50 elk verkoop. Op 26 Oktober 2011 verkoop afslaers Bonham's een van hierdie skilderye – Fabergé egg – uit die versameling van Max Aitken, wat namens hom deur Le Roux Smith Le Roux gekoop is, vir £13 750, wat die koperspremie insluit. Ander kopers was Sandy en Bunny Roger – wie se twee aanskaffings in 1998 deur Sotheby's verkoop is – en Elizabeth David.

Italië, Januarie 1956 – April 1956 In 1956 ontvang Coetzee en Australiër Sydney Nolan 'n beurs van die Italiaanse regering, deur bemiddeling van die British Council, vir 'n vertoef van vier maande in Italië. Met 'n inleidingsbrief van Erica Brausen aan Pawel Tsjelitsjef, vertrek hy in Januarie van daardie jaar na Frascati. Hy ontmoet Alberto Burri in Rome, besoek die Quadrenniale di Roma, en reël die aanskaf van Burri se Tutto Nero vir Anthony Denney se versameling. Later lê hy 'n pelgrimstog na Peggy Guggenheim in haar huis in Venesië af; hy sou die glas- en metaalhek daar van die Amerikaanse kunstenaar Claire Falkenstein duidelik onthou.

Parys, 1956–1959 duimnael|links|Painting Yellow, 1957, olie op assemblage, 182 x 91 x 11 cm, Jan du Toit-versameling

Op 'n besoek aan Anthony Denney in Londen merk die Franse tachis Georges Mathieu een van Coetzee se skilderye op. Hy rig gevolglik 'n uitnodiging aan Coetzee om na Parys te kom en die Galerie Rive Droite te besoek en die eienaar, Jean la Carde, te ontmoet. Met Coetzee se aankoms in Parys word hy deur Michel Tapié de Céleyran aan Mathieu voorgestel. Tapié sou Coetzee se werke met die styl van art informel (tachisme) beïnvloed.

duimnael|regs|Untitled, 1957, olie op doek, Jan du Toit-versameling

Jean la Carde besluit kort daarna om te trou en die galery te sluit. Met die aanmoediging van Denney en Tapié, trek Coetzee na die nuwe Galerie Stadler, wat 'n jaar vantevore deur Rodolphe Stadler te 51 Rue de Seine gestig is. Die galery bied 'n toelaag aan sy kunstenaars en vereis dat hulle gereeld uitstallings van skilderye voorsien. Coetzee vestig sy ateljee in 'n kelder te 4 Rue de l'Hotel Colbert, en woon in die solder van 5 Rue de Lille – beide adresse in die sewende arrondissement op die Linkeroewer.Barnard, Chris. Skilders in die son. Die Huisgenoot, 9 April 1971: 36-38.

In 1958 word Coetzee se assemblageskildery Crespian (1957) in die Pittsburgh Internasionale Uitstalling van Kontemporêre Skilder- en Beeldhoukuns, tesame met kunstenaars soos Joan Mitchell, Conrad Marca-Relli, Édgar Negret, Maurice Wyckaert, Nassos Daphnis, Ellsworth Kelly, Alexander Calder, en Richard Diebenkorn, uitgestal.Die 1958 Pittsburgh Tweehonderjarige Internasionale Uitstalling van Kontemporêre Skilder- en Beeldhoukuns : Departement van die Skone Kunste, Carnegie-instituut, 5 Desember 1958 – 8 Februarie 1959. [Pittsburgh]: Carnegie-instituut, Departement van die Skone Kunste, 1958. (katalogus, met 'n inleiding deur Gordon Bailey Washburn)

Coetzee word 'n bywoner van die Donderdag-salon van Marie-Louise Bousquet, eggenote van dramaturg Jacques Bousquet en redaktrise van Harper's Bazaar in Parys vir vyftig jaar. Hier ontmoet Coetzee die Nederlandse skilder Karel Appel, Annabel Buffett (eggenote en muse van Bernard Buffet), en galeryis Charles Vessey.

Coetzee vorm 'n belangrike vriendskap met Aileen Hennessy, die konjakerfgenaam, wat in 'n woonstel te 1 Rue Git-le-Cœur in die sesde arrondissement, slegs sewe minute se stapafstand van Coetzee se ateljee, woon. Aileen was 'n skilder wat Coetzee na galerye vergesel en hom na die samekomste wat sy in haar woonstel aan die Seine aanbied, nooi. Die tipe bywoners van hierdie byeenkomste sluit byvoorbeeld Aileen se suster Scheilagh en Alice DeLamar, erfgenaam van die fortuin van Joseph Raphael de Lamar, wat ook 'n woonstel in dieselfde gebou had, in. In latere jare sou Aileen se broer, Francis Hennessy, Coetzee in Tulbagh (Suid-Afrika) besoek.

Op 17 Maart 1959 sluit Coetzee by Lucio Fontana aan deur sy werk by die Galerie Stadler uit te stal. Tydens hierdie aangeleentheid bied Solange de Noailles, Duchesse d'Ayen, moderedaktrise van die Franse Vogue, 'n middagete aan met talle toekomstige versamelaars van Coetzee se werke. Die groep sluit argitek en binnenshuise versierder Victor Grandpierre, Marie-Hélène de Rothschild, en Tom Kernan, redakteur van Maison & Jardin, in.

Japan, Februarie 1959 – Maart 1960 duimnael|regs|Christo Coetzee (regs) en Michio Yoshihara, Osaka (1959)

Coetzee ontvang in 1959 deur bemiddeling van die Bitish Council 'n Japannese regeringsbeurs vir twee jaar se studie in Osaka en Tokyo. Francis King, wat later 'n gerespekteerde skrywer sou word, werk by die Bitish Council en is Coetzee se skakel daar. Kort ná sy aankoms in Februarie 1959 word hy deur professor J. Ijimi van die Universiteit van Kyoto na die kunstenaarsgroep Gutai verwys. Coetzee het basiese kennis van die groep danksy Michel Tapié, en hy ontmoet binnekort die groep se stigter Jiro Yoshihara en sy seun Michio Yoshihara. Coetzee sou elf maande op samewerking met hierdie belangrike Japannese kunstenaars bestee.

Coetzee lê gereeld besoek af aan Tokyo, waar hy selfs 'n ateljee opneem. Hierdie werk loop in Oktober 1959 uit op 'n uitstalling van werke in die styl van art informel by die Minami-galery in Tokyo. In Tokyo ontmoet Coetzee ook die kunstenaar Takako Idemitsy en haar eggenoot Tono, 'n kunsresensent.

Die Gutai-groep nooi Coetzee uit om by die Takashimaya-galery in Osaka in 1960 uit te stal. Hy stal dus tussen 20 en 24 Januarie 1960 uit, met 'n inleiding deur Francis King. In 1976 skenk Coetzee elf Gutai-skilderye, tesame met 'n Gutai Pinacotheca-publikasie, aan die Rand Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg).