Margaret Bourke-White (14 Junie 1904 – 27 Augustus 1971) was ’n Amerikaanse fotograaf en dokumentêre fotograaf. Sy was die eerste buitelander wat toegelaat is om foto's van nywerhede in die Sowjetunie te neem, die eerste vroulike oorlogskorrespondent (en die eerste vroulike fotograaf wat toegelaat is om in oologsones te werk) en die eerste vroulike fotograaf vir die tydskrif Life – haar foto het op die eerste uitgawe verskyn. "The Last Days of a Legend," deur Sean Callahan op ’n Bullfinch Press-webtuiste oor die boek Margaret Bourke-White: Photographer, deur Sean Callahan; Besoek op 2 Julie 2006

Sy is in 1971 in Connecticut, VSA, aan Parkinson-siekte dood, sowat 18 jaar nadat sy die eerste simptome gewys het.

Pryse Van die pryse en grade wat sy gekry het, is: Eredoktorsgraad: Rutgers-universiteit, 1948 Eredoktorsgraad: Universiteit van Michigan, 1951 Achievement Award, US Camera, 1963 Honor Roll Award, American Society of Magazine Photographers, 1964

Verwysings

Eksterne skakels Margaret Bourke-White Papers by Syracuse-universiteit Foto's uit die Time-argief. Women in History: Margaret Bourke-White Masters of Photography: Margaret Bourke-White

Kategorie:Amerikaanse fotograwe Kategorie:Geboortes in 1904 Kategorie:Sterftes in 1971