Ernst Haas (2 Maart 1921 – 12 September 1986) was ’n fotojoernalis en pionier-kleurfotograaf. In sy loopbaan van 40 jaar het die Oostenryks gebore Haas die gaping oorbrug tussen fotojoernalistiek en die gebruik van fotografie as kunsmedium. Benewens sy uitstekende dekking van gebeure oor die wêreld heen ná die Tweede Wêreldoorlog, was hy ’n vroeë innoveerder in kleurfotografie. Sy foto's is ruim gebruik deur tydskrifte soos Life en Vogue, en was in 1962 die onderwerp van die eerste tentoonstelling van een fotograaf se werk in New York se Museum of Modern Art.

Hy was onder andere die president van die koöperatiewe Magnum Photos, en sy boek The Creation (1971) was een van die suksesvolste fotografieboeke ooit; meer as 350 000 eksemplare is verkoop.

Haas is op 12 September 1986 in New York oorlede ná ’n beroerte in Desember 1985.

Pryse ’n Paar van die pryse wat Haas gewen het, is: Newhouse-prys van die Syracuse-universiteit, 1958 Wilson Hicks-medalje van die Universiteit van Miami, 1978 Hasselblad se fotograaf van die jaar, 1986 Leica-medalje vir uitnemendheid: Meester van Fotografie, 1986

Eksterne skakels Ernst Haas Estate Hasselblad-pryswenner: Ernst Haas Ernst Haas Color Correction by Steidl Ernst Haas Color Correction - TIME Lightbox Ernst Haas Color Correction by Lensculture

Ernst Haas by Getty Images

Kategorie:Amerikaanse fotograwe Kategorie:Oostenrykse kunstenaars Kategorie:Geboortes in 1921 Kategorie:Sterftes in 1986