Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tsjeggies.
duimnael|links|Stamvader Tsjech op Berg Rip – skildery deur Josef Mathauser Die Tsjegge (Tsjeggies: Češi, [ˈtʃɛʃɪ], manlike enkelvoud: Čech, vroulike enkelvoud: Češka) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Tsjeggië wat Tsjeggies, 'n Wes-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Tsjeggië en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 64% van dié land se bevolking uit.
Wêreldwyd leef tussen 10 en 12 miljoen Tsjegge, waarvan tussen 6,7 en 9,2 miljoen in Tsjeggië en 1,5 miljoen in die Verenigde State. Naas Tsjegge leef nog minderhede soos Morawiërs (4,9%) en Slowake (1,4%) in Tsjeggië.
Volgens 'n gewilde mite is die Tsjegge afstammelinge van die stamvader Tsjech wat saam met Ljech en Roes as mitiese stigters van die drie Slawiese nasies Pole, Rusland en Tsjeggië beskou word.
Geloof
Tsjeggië het een van die minste religieuse bevolkings in Europa en volgens die 2011-sensus is 79% van die landsbevolking agnosties, ateïsties, nie-gelowig of 'n nie-georganiseerde gelowige. Sowat 10% is Rooms-Katolieke.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Slawiërs