Richmond 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag Land Deelstaat 20px Virginië Koördinate Stigting 1737 Geïnkorporeer op 1780 Oppervlakte: - Totaal 162 vk km Hoogte bo seevlak 45,7 m Bevolking: - Totaal (2013) 211 172 - Bevolkingsdigtheid 1 318,4/vk km - Metropolitaanse gebied 1 231 980 Tydsone EST (UTC -5) Somertyd EDT (UTC -4) Burgemeester Dwight Clinton Jones Amptelike Webwerf ci.richmond.va.us
Richmond is die hoofstad van die deelstaat Virginië. Die stad is langs die Jamesrivier geleë, sowat 160km suid van Washington, D.C.
Geskiedenis Die eerste blanke besoekers was kapteins Christopher Newport en John Smith en hulle gevolg, slegs twee weke nadat hulle by Jamestown gearriveer het in 1607. Kaptein Francis West het hier 'n fort gebou gedurende 1609 maar na probleme met die Indiane word dit ontruim. Eers in 1637 het Thomas Stegg hier weer 'n handelspos gestig. Na die slagting van die Indiane in 1644 is Fort Charles gebou om die handeslpos te beskerm.
Onder Thomas Stegg se seun se leiding ontwikkel die handelspos na 'n handelssentrum wat onder andere in tabak, pels en ander kommoditeite handel dryf. Stegg junior laat alles na aan sy neef William Byrd en die handelssentrum staan bekend as Byrd's Warehouse. Byrd se seun, William Byrd II, stel in 1733 voor dat 'n dorp hier gebou word. Die dorp word uitgelê deur Majoor William Mayo in 1737 en word vernoem na Richmond on the Thames in Engeland. In 1742 word die dorp geproklameer en in 1779 word dit die hoofstad van Virginië.
Amerikaanse Burgeroorlog Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog was Richmond die hoofstad van die Gekonfedereerde State van Amerika.
Ekonomie Tabakvervaardiging is by verre die grootste industrie in Richmond en verskeie sigaret-handelsname is hier gevestig.
Bron Collier's Encyclopedia Vol. 20 Bladsy 80.
Kategorie:Hoofstede in die Verenigde State Kategorie:Nedersettings in Virginië