regs|duimnael|200px|Die reënboogvlag.
LGBT is ’n afkorting van die woorde lesbies, gay, biseksueel en transgender. Dit word wyd beskou as sinoniem met die gay gemeenskappe. Dit word sedert die 1990's gebruik en het die ouer afkorting LGB vervang wat gebruik is in plaas van die ou term "gay" met verwysings na die LGBT-gemeenskap.Acronyms, Initialisms & Abbreviations Dictionary, Volume 1, Part 1. Gale Research Co., 1985, . Factsheet five, Issues 32–36, Mike Gunderloy, 1989 Aktiviste het gevoel die term "gay gemeenskap" verteenwoordig nie almal na wie dit verwys volkome nie. Die afkorting word deur die meeste gemeenskappe aanvaar wat op seksuele en gender-identifikikasie geskoei is.
Sommige groepe verkies die afkortings LGBTQ (vir die byvoeging van "queer" of "questioning"), p. 690 LGBTI (vir "interseksueel")William L. Maurice, Marjorie A. Bowman, Sexual medicine in primary care, Mosby Year Book, 1999, of selfs LGBTQIA+ om die hele spektrum van menslike seksualiteit en gender in te sluit, ook aseksuele.
Hier volg ’n kort beskrywing van elke term: Lesbiër: Vroulike homoseksuele persoon Gay: Manlike of vroulike homoseksuele persoon Biseksueel: Aantrekking tot die teenoorgestelde geslag sowel as tot die dieselfde geslag Transgender: Iemand wie se selfidentiteit nie ooreenstem met sy geslag nie. Sulke mense ondergaan dikwels ’n geslagsverandering. Queer: Gewoonlik jonger mense wat die woord queer gebruik om hulself te beskryf. Interseksueel: Mense wat met beide manlike en vroulike seksorgane gebore is. Aseksueel: Iemand wat geen seksuele aantrekking tot ander voel nie.
Geskiedenis van die term duimnael|200px|LGBT-publikasies, Pride-parades en soortgelyke gebeure, soos die Bologna Pride in 2008 in Italië, laat die term "LGBT" al hoe meer weg in plaas daarvan om voortdurend nuwe letters by te voeg en ’n stryd te voer oor die volgorde waarin die letters moet voorkom.Cahill, Sean, en Bryan Kim-Butler. "Policy priorities for the LGBT community: Pride Survey 2006." New York, NY: National Gay and Lesbian Task Force (2006).
Voor die seksuele rewolusie van die 1960's is die term "derde geslag" soms gebruik, maar dit is nooit algemeen aanvaar nie.Hirschfeld, Magnus, 1904. Berlins Drittes Geschlecht ("Berlin's Third Sex")Ellis, Havelock en Symonds, J. A., 1897. Sexual Inversion.
Die eerste erkende term, "homoseksualiteit", het aanvanklik negatiewe konnotasies gehad. In die 1950's en 1960's het sekere mense eerder "homofilie" gebruik, en sedert die 1970's "gay". Die Sweedse psigiater en skrywer Lars Ullerstam het die term "seksuele minderheid" voorgestaan na aanleiding van die term "etniese minderheid".
Namate lesbiërs op die voorgrond getree het, het die term "gay en lesbies" meer algemeen geword. Die Dogters van Bilitis het in 1970 ontbind weens dispute oor of hulle op feminisme of LGBT-regte moet fokus. Omdat gelykheid belangrik was vir feministiese lesbiërs, het hulle die verskille tussen die geslagte en die woorde "butch" en "femme" as patriargaal beskou. Baie lesbiërs het selfs geweier om saam met gay mans te werk.Faderman, Lillian (1991). Odd Girls and Twilight Lovers: A History of Lesbian Life in Twentieth Century America, Penguin Books. , p. 210–211. Ander lesbiërs het dié gebelgde menings as nadelig vir die gay saak beskou.Faderman (1991), p. 217–218. Biseksuele en transgender mense het ook erkenning gesoek as wettige kategorieë in die groter minderheidsgemeenskap.
Met die veranderings wat in die 1970's en 1980's ingetree het ná die Stonewall-onluste van 1969 in New York het sommige gays en lesbiërs minder verdraagsaam geraak teenoor biseksuele en transgender mense. Kritiek was dat transgenders stereotipes uitbeeld en dat biseksuele net gay mans is wat bang is om eerlik oor hul identiteit te wees. Al die gemeenskappe het gesukkel om hul eie identiteit op te bou en maniere te vind om saam met ander seksuele en genderminderheidsgroepe te werk; dit duur vandag nog voort.
Van 1988 af het aktiviste in Amerika die afkorting LGBT begin gebruik.Research, policy and practice: Annual meeting, American Educational Research Association Verlag AERA, 1988. Eers in die 1990's het gays, lesbiërs, biseksuele en transgenders egter gelyke respek binne die beweging gekry. Hoewel die aanvaarding van al die groepe steeds omstrede was, het die term LGBT gedien as ’n positiewe simbool van inlsuiting.
Die afkorting sluit nie alle kleiner groepe in nie, maar daar word algemeen aanvaar hulle is wel deel van die beweging en die term het mettertyd gehelp om mense wat andersins randgemeenskappe is, na die beweging te lok.
Verwysings
Eksterne skakels Argief van glbtq.com, GLBTQ encyclopedia.
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia