Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1929 het op 12 Junie 1929 plaasgevind. Tydens die verkiesing is 148 verteenwoordigers vir die Volksraad van Suid-Afrika verkies. Die Nasionale Party onder leiding van generaal Barry Hertzog wen die verkiesing met 'n volstrekte meerderheid. Samewerking tussen die Nasionale Party en die Arbeidersparty in die Pakt-regering word egter voortgesit en twee ministers word uit die Arbeidersparty aangestel.
Weens 'n skeuring in die Arbeidersparty is slegs agt van hulle politici vir die parlement verkies, waarvan slegs 4 in die regering gedien het.The South African Constitution, bladsy 135
Afbakening van kiesafdelings Die Suid-Afrika-wet van 1909 maak voorsiening vir 'n Afbakeningskommissie om die grense van die kiesafdelings te definieer. Die verteenwoordiging per provinsie, onder die vyfde verslag van 1928, word in die tabel hieronder uiteengesit. Die syfers in hakies is die aantal kiesafdelings in die vorige (1923) afbakening. As daar geen syfer tussen hakies is nie, het die aantal onveranderd gebly.South Africa 1982, bladsy 129
Provinsies Kaap Natal Oranje-Vrystaat Transvaal Totaal Kiesafdelings 58 (51) 17 18 (17) 55 (50) 148 (135)
Uitslag duimnael|links|Setels in die Volksraad van Suid-Afrika na die 1929-verkiesing Daar was 461 820 geregistreerde kiesers, waarvan 347 924 gestem het. Daar is nie 'n amptelike syfer vir die aantal bedorwe stemme bekend nie.South Africa 1982, bladsy 176
Party SetelsSouth Africa 1982, bladsy 174 (setels per party) Setels % StemmeSouth Africa 1982, bladsy 176 (stemme per party) Stem % Leier Nasionale Party 78 52,70 141 579 41,16 J. B. M. Hertzog Suid-Afrikaanse Party 61 41,22 159 896 46,51 Jan Smuts Arbeidersparty 8 5,41 33 919 9,86 BetwisWeens 'n skeuring in die party was daar 'n leierskapstwis tussen F.H.P. Creswell en Walter Madeley Onafhanklikes 1 0,68 8 503 2,47 – Totaal 148
Verwysings
Kategorie:1929 Kategorie:Verkiesings in Suid-Afrika