Diplodocus of diplodokus (van die Griekse woorde vir "dubbelbalk") is ’n souropode-dinosourus waarvan die eerste fossiele in 1877 deur S.W. Williston ontdek is. Die naam verwys na die dubbele bene aan die onderkant van die stert.
Die genus het aan die einde van die Jura-periode voorgekom in wat nou Noord-Amerika is. Dit is een van die mees herkenbare dinosourusse vanweë sy kenmerkende dinosourusvorm, lang nek en stert en vier bonkige bene. Dit was jare lank die langste bekende dinosourus. Dit is steeds die langste een waarvan ’n volledige fossiel gevind is. Die raming van die massa is tussen 10 en 16 tonFoster, J.R. (2003). Paleoecological Analysis of the Vertebrate Fauna of the Morrison Formation (Upper Jurassic), Rocky Mountain Region, U.S.A. New Mexico Museum of Natural History and Science:Albuquerque, New Mexico. Bulletin 23. en die geskatte lengte 33 m.. Van dinosourusse wat langer kon gewees het, soos Supersaurus, is net stukke bene al ontdek.Wedel, M.J. and Cifelli, R.L. Sauroposeidon: Oklahoma's Native Giant. 2005. Oklahoma Geology Notes 65:2.
Beskrywing 200px|duimnael|links|’n Voorstelling van ’n Diplodocus .
Die skedel was relatief klein in vergelyking met sy lyf. Diplodocus het ook klein tande en ’n klein brein gehad. Dit het ’n besonder lang stert gehad, baie langer as ander dinosourusse s’n. Hy kon dit gebruik het om sy balans te hou. Dit het besonderse dubbele bene aan die onderkant gehad wat kon gedien het as steun vir die rugwerwels of kon gekeer het dat die are toegedruk word as die swaar stert op die grond rus. Dié dubbele bene kom ook in sommige verwante dinosourusse voor. 200px|duimnael|regs|Die skedel van D. longus. Diplodocus het net een klou aan elke hand gehad – dit was ongewoon groot en nie vas aan die bene van die hand nie. Die doel daarvan is onbekend.
Verwysings
Eksterne skakels Diplodocus in Dino Directory Museo Nacional de Ciencias Naturales, Madrid Carnegie-museum van Natuurgeskiedenis
Kategorie:Sauropodomorpha