Microceratus ("met klein horings") was ’n genus klein seratopsiër-dinosourusse wat in die Kryt-periode in Asië voorgekom het. Hy het op twee bene geloop en het kort arms gehad, asook ’n kenmerkende seratopsiër-kraag en snawelagtige bek. Hy was moontlik sowat 0,6 meter lank. Hy was een van die eerste seratopsiërs (dinosourusse met horings) in Mongolië.
Die tipe-spesie, "Microceratops" gobiensis, is in 1953 die eerste keer deur Bohlin beskryf. Die genusnaam het egter reeds aan ’n ander dier behoort en die nuwe naam Microceratus is in 2008 deur Mateus geskep.
Microceratus was nes ander seratopsiërs plantvreters. Hulle het waarskynlik die plante gevreet wat in dié tyd voorgekom het: varings, broodbome en konifers. Hulle sou die blare of naalde met hul skerp snawel afgebyt het.
Verwysings
Eksterne skakels http://www.thescelosaurus.com/ceratopsia.htm
Kategorie:Ceratopsia