Wannanosaurus ("Wannan-akkedis", na die plek waar dit ontdek is) was ’n genus dinosourusse uit die Campanium-tydsnede sowat 80 miljoen jaar gelede in wat nou Anhui, China, is. Die tipe-spesie, Wannanosaurus yansiensis, is in 1977 deur Lian-Hai Hou beskryf.

Die enkele fossiel wat ontdek is, sluit in die gedeeltelike bokant van ’n skedel en onderkaak, ’n onder- en bobeen, en ’n deel van ’n rib. Omdat die bokant van die skedel plat is en groot openinge het, word dit beskou as ’n basale lid van Pachycephalosauria.

Hoewel die oorblyfsels dié van ’n klein dier is met ’n lengte van minder as ’n meter, wys die saamgegroeide bene in die skedel dat hy volgroeid was toe hy dood is. Nes ander Pachycephalosauria was hy moontlik alles- of plantvretend en was sy kos plante na aan die grond en moontlik ook insekte.

Verwysings

Eksterne skakels By Dinodictionary

Kategorie:Pachycephalosauria