250px|duimnael|Die amptelike Gaeltacht-gebiede in Ierland Gaeltacht (Iers: [ˈɡeːl̪ˠt̪ˠəxt̪ˠ] of [ˈɡeːl̪ˠhəxt̪ˠ]; meervoud: Gaeltachtaí) is die Ierse term vir 'n Ierssprekende streek.
In die Republiek van Ierland word die term gebruik om na enige of alle distrikte te verwys wat deur die regering amptelik as merendeels Ierssprekend erken word, dit wil sê waar 'n meerderheid van die bevolking Iers as huistaal praat.Webster's Dictionary – definisie van Gaeltacht Hierdie distrikte is vir die eerste keer in die vroeë jare van die Ierse Vrystaat amptelik erken nadat die Gaelic Revival of Iers-Gaeliese Herlewingsbeweging die publiek se aandag op die inheemse Keltiese taal gevestig het. Die Ierse regering het vervolgens verskeie pogings onderneem om die herlewing van Iers en sy gebruik in die openbare lewe te bevorder.Peter A. Maguire: Language and Landscape in the Connemara Gaeltacht. In: Journal of Modern Literature, herfs 2002, jaargang 26, uitgawe 1, bl. 99-107
Tans bedreig die verminderde gebruik van Iers die bestaande grense van Ierse taalgebiede.
Verwysings
Kategorie:Ierse Republiek Kategorie:Taalpolitiek