Dnipropetrofsk-oblast (Oekraïens: Дніпропетровська область, Russies: Днепропетро́вская о́бласть) is 'n oblast (of gebied) in Oekraïne. Die oblast is ook die tweede grootste (naas Odessa) ten opsigte van sy oppervlakte in die land. Die hoofstad en grootste stad van die oblast is Dnipro (ook bekend as Dnepr). Alhoewel Oekraïens die enige amptelike taal in die oblast is, word Russies sedert 2012 as 'streektaal' erken.www.kyivpost.com

Demografie Tale (2001-sensus): Oekraïens (67%), Russies (31,9%), Wit-Russies (0,2%). Etniese verdeling (2001-sensus): Oekraïners (79,3%), Russe (17,6%), Wit-Russiese (0,8%).

Sien ook Deelgebiede van Oekraïne

Verwysings

Kategorie:Oblaste van Oekraïne