Loehansk-oblast (Oekraïens: Луганська область, Russies: Луганская область) is die mees oostelike van die 24 oblaste in Oekraïne. Die hoofstad en grootste stad van die oblast is Loehansk. Alhoewel Oekraïens die enige amptelike taal in die oblast is, word Russies sedert 2012 as 'streektaal' erken. /www.kyivpost.com In 2014 het Russiese separatiste die Volksrepubliek Loehansk uitgeroep en van Oekraïne weggebreek. Sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is dit deur Rusland beset en op 30 September 2022 in weerwil van internasionale reg geannekseer.

Demografie Tale (2001-sensus): Russies (68,8%), Oekraïens (30%), Belarussies (0,1%). Etniese verdeling (2001-sensus): Oekraïners (58,0%), Russe (39,1%), Belarusse (0,8%).

Sien ook Deelgebiede van Oekraïne

Verwysings

Kategorie:Oblaste van Oekraïne