Die Suidwes-Afrika-veldtog (Duits: Südwestafrikafeldzug, Engels: South-West Africa Campaign) was 'n koloniale byvertoning van die Eerste Wêreldoorlog vanaf Augustus 1914 tot Julie 1915. Dit het gelei tot gevegte om die Duitse kolonie Suidwes-Afrika (tans Namibië). Die gevegte het ook uitgebrei tot die suidelike grens van Portugees-Wes-Afrika en dele van die Unie van Suid-Afrika.
duimnael|links|Duitse kolonies in Afrika met Suidwes-Afrika , 1914 Ná kort grensskermutselinge en die besetting van kusplekke is die Duitse kolonie vanuit die suide tot die noorde deur die Unie-Verdedigingsmag verower. Mid-1915 het die Duitse koloniale weermag oorgegee. Met die einde van die oorlog in Europa het die Duitse kolonie 'n Volkebondmandaat onder Suid-Afrikaanse bestuur geword (Suidwes-Afrika). Dit het in 1990 as Namibië onafhanklik geword.
Veldslae en veldtogte Maritz-rebellie, 15 September 1914 – 4 Februarie 1915, Britse oorwinning Duitse veldtog in Angola, Oktober 1914 – 9 Julie 1915, Portugese oorwinning Slag van Sandfontein, 26 September 1914, Duitse oorwinning Slag van Kakamas, 4 Februarie 1915, Suid-Afrikaanse oorwinning Slag van Trekkopjes, 26 April 1915, Suid-Afrikaanse oorwinning Slag van Otavi, 1 Julie 1915, Suid-Afrikaanse oorwinning
Sien ook Oos-Afrika-veldtog
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Geskiedenis van Duitsland Kategorie:Geskiedenis van Namibië Kategorie:Geskiedenis van Portugal Kategorie:Suid-Afrikaanse militêre geskiedenis