Charkif-oblast (Oekraïens: Харківська область, Russies: Харьковская область) is die mees oostelike van die 24 oblaste in Oekraïne. Die hoofstad en grootste stad van die oblast is Charkif. Met ongeveer 2,7 miljoen inwoners is die oblast die derde grootste ten opsigte van sy bevolking in die land.

Demografie Tale (2001-sensus): Oekraïens (53,8%), Russies (44,3%), Armeens (0,2%). Etniese verdeling (2001-sensus): Oekraïners (70,7%), Russe (25,6%), Wit-Russe (0,5%).

Sien ook Deelgebiede van Oekraïne

Verwysings

Kategorie:Oblaste van Oekraïne