Michael Daniel Higgins (Iers: Mícheál D. Ó hUiginn; * 18 April 1941) het van 2011 tot in 2025 as die negende president van Ierland gedien.
Voor sy verkiesing as Ierse staatshoof het hy as voorsitter van die Ierse Arbeidersparty (Labour Party) gedien. As afgevaardigde in die Ierse parlement (Teachta Dála) het hy die kiesafdeling Galway West verteenwoordig en tussen 1993 en 1997 as Ierse minister van kuns, kultuur en Gaeltachtaí (Ierssprekende gebiede) gedien.
Naas sy politieke loopbaan het Higgins hom ook as digter, sosioloog, skrywer en televisie-aanbieder bekwaam.
Michael D. Higgins het in April 2014 'n staatsbesoek aan die Verenigde Koninkryk gebring – die eerste ooit van 'n Ierse staatshoof.
Verwysings
Eksterne skakels Wiki-webtuistes
Amptelike webtuiste
President of Ireland - Michael D. Higgins
Kategorie:Ierse digters Kategorie:Ierse politici Kategorie:Ministers van Kultuur Kategorie:Presidente Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Lewende mense