duimnael|links|260px|’n Voorstelling van ’n V. mongoliensis

Velociraptor ("vinnige gryper") is ’n genus teropode-dinosourusse wat sowat 75 tot 71 miljoen jaar gelede tydens die laaste deel van die Kryt-periode geleef het. Twee spesies word tans erken, hoewel ander al in die verlede in dié genus geplaas is. Die tipe-spesie is V. mongoliensis; fossiele daarvan is in Mongolië ontdek. ’n Tweede spesie, V. osmolskae, is in 2008 erken na aanleiding van skedelmateriaal wat in Binne-Mongolië, China, ontdek is.

Velociraptor was kleiner as ander dinosourusse in die familie Dromaeosauridae soos Deinonychus en Achillobator, maar hy het baie van dieselfde anatomiese eienskappe as hulle gehad. Hy was ’n tweevoetige, geveerde karnivoor met ’n lang stert en ’n lang, sekelvormige klou aan elke agterpoot. Laasgenoemde het hy waarskynlik gebruik om sy prooi mee vas te druk. Hy kan van ander Dromaeosauridae uitgeken word aan sy lang, lae skedel en bek wat na bo wys.

Velociraptor (algemeen verkort tot "raptor") is een van die dinosourus-genusse wat die bekendste is onder die publiek vanweë sy prominente rol in die rolprentreeks Jurassic Park. In die prente word hy anatomies verkeerd uitgebeeld: groter as wat hy werklik was en sonder vere. Velociraptor is ook baie bekend onder paleontoloë, met meer as ’n dosyn fossiele skelette wat al beskryf is, die meeste van enige lid van Dromaeosauridae. Een voorbeeld wat veral bekend is, is die fossiel van ’n Velociraptor wat besig is om met ’n Protoceratops te baklei.

Ontdekkingsgeskiedenis duimnael|links|240px|Die Vlammende Rotse in Mongolië.

Tydens 'n ekspedisie van die Amerikaanse Natuurhistoriese Museum na die Vlammende Rotse (of Bajanzag) van die Djadochtaformasie in die Gobiwoestyn het Peter Kaisen op 11 Augustus 1923 die eerste Velociraptor-fossiel ontdek wat aan die wetenkap bekend is – 'n verbryselde maar volledige skedel wat verbind is met 'n fossiel van die dier se tweede toonklou (AMNH 6515).

In 1924 het die museum se president, Henry Fairfield Osborn, die skedel en klou (wat hy gedink het uit die hand kom) aangewys as die tipespesimen van sy nuwe genus, Velociraptor. Osborn het die tipespesie V. mongoliensis genoem na die land waar dit ontdek is. Vroeër dié jaar het hy die dier informeel "Ovoraptor djadochtari" genoem in 'n persartikel, maar dit later amptelik in V. mongoliensis verander.

Terwyl Noord-Amerikaanse spanne toegang tot kommunistiese Mongolië geweier is tydens die Koue Oorlog, het Russiese en Poolse wetenskaplikes, in samewerking met Mongoolse kollegas, nog 'n paar spesimens van Velociraptor ontdek. Die beroemdste een is deel van die "Vegtende Dinosourusse"-spesimen (MPC-D 100/25), wat in 1971 deur 'n Pools-Mongoolse span ontdek is. Die fossiel is van 'n Velociraptor wat in 'n geveg met 'n Protoceratops betrokke is. Mongolië beskou dit as 'n nasionale skat.

Tussen 1988 en 1990 het 'n Chinees-Kanadese span oorblyfsels van Velociraptor in Noord-China ontdek. Amerikaanse wetenskaplikes het in 1990 na die Gobi teruggekeer, en 'n Mongools-Amerikaanse span het verskeie goed bewaarde skelette ontdek. Dit is eers as spesimens van Velociraptor mongoliensis beskou, maar een is in 2021 as 'n nuwe spesie, Shri devi, beskryf.

Nog spesies duimnael|220px|'n Vergelyking tussen die bokaakbene van V. osmolskae en V. mongoliensis.

Bokaakbene en 'n traanbeen (onderskeidelik die hoof- tandhoudende bene van die bokaak en die been wat die voorste grens van die oogholte vorm) is in 1999 in die Bayan Mandahu-formasie ontdek en geklassifiseer as van die genus Velociraptor, maar nie die tipespesie (V. mongoliensis) nie. Pascal Godefroit en sy kollegas het dié bene in 2008 V. osmolskae genoem (na die Poolse paleontoloog Halszka Osmólska). In 2013 is egter in 'n studie bevind hoewel die lang vorm van die bokaakbeen in V. osmolskae soortgelyk is aan dié van V. mongoliensis, dui filogeniese studies daarop dat dit nader aan Linheraptor is, wat die genus parafileties maak. V. osmolskae behoort dus dalk nie tot die genus Velociraptor nie en 'n herontleding is nodig.

Die paleontoloë Mark A. Norell en Peter J. Makovicky het in 1997 nuwe en goed bewaarde spesimens van V. mongoliensis beskryf wat in 1993 ontdek is, naamlik MPC-D 100/985 uit Tugrik Shireh en MPC-D 100/986 uit Chimney Buttes. Die span het ook 'n ander spesimen, MPC-D 100/982, genoem. Dit het egter teen die tyd van publikasie onbeskryf gebly. In 1999 het Norell en Makovicky nog spesimens beskryf.

duimnael|220px|Velociraptor spesimen MPC-D 100/982, moontlik 'n nuwe spesie. Mark J. Powers het in 2020 in sy meestersgraadtesis die spesimen MPC-D 100/982 volledig beskryf en tot die gevolgtrekking gekom dit is 'n nuwe, derde spesie van Velociraptor. Volgens hom verskil dié spesie, wat hy "V. vadarostrum" genoem het, hoofsaaklik van ander spesies vanweë 'n vlak bokaakbeenmorfologie. Ook Powers en kollegas het in 2020 morfometriese ontledings gebruik om verskeie bokaakbene van dinosourusse te vergelyk, en hulle het bevind die bokaakbeen van MPC-D 100/982 verskil grootliks van spesimens wat Velociraptor genoem word. Hulle het geglo dit is 'n aparte spesie.

In 2021 het Powers en 'n span weer eens bevind MPC-D 100/982 val buite die aanvaarbare wisselvallighede van V. mongoliensis, wat op 'n nuwe spesie dui. Hulle het geglo V. mongoliensis en dié nuwe spesie is ekologies geskei, gebaseer op hulle skedelanatomie. 'n Ander span het bevind nog verskille kom in die agterste ledemate voor.

Beskrywing duimnael|links|240px|Velociraptor-spesimens se grootte in vergelyking met dié van 'n mens van 1,8 m.

Velociraptor was 'n klein tot mediumgroot dromeosouride, wat as volwassene tussen 1,5 en 2,07 m lank was. Dit was by die heupe omtrent 0,5 m hoog Supporting Online Material en het tussen 15 en 18,3 kg geweeg.

Skedel

Velociraptor se skedel was taamlik lank: tot 23 cm. Dit was by die snaweldeel holrond (konkaaf) aan die boonste oppervlak en bolrond (konveks) aan die onderste oppervlak. Die bek, wat omtrent 60% van die hele lengte van die skedel uitgemaak het, was besonder nou en is hoofsaaklik gevorm deur die nasale, voorbokaak- en bokaakbene. Die voorbokaakbeen was die voorste been in die skedel. Terwyl die agterste deel aan die nasale been vas was, het die grootste deel van die voorbokaak aan die bokaak geraak. Die bokaak was byna driehoekig en die grootste element van die bek. Die nasale been was 'n smal, lang been wat tot die boonste oppervlak van die bek bygedra het.

Die vorm van Velociraptor se tande was taamlik eenvormig en hulle het verskeie riffels gehad, wat dit 'n gesaagde voorkoms gegee het. Die riffels was prominenter aan die agterkant. Die voorbokaak het 4 tandholtes gehad en die bokaak 11. Die onderkaak het 14-15 holtes gehad. Die voorste twee tande was die langste en die twee agter hulle was groot.

Skelet onder die skedel duimnael|links|140px|Lyndiagram van die voet van MPC-D 100/985.

Velociraptor se arm is gevorm deur die humerus (boarmbeen), radius en ulna (voorarmbene), en manus (hand). Velociraptor, nes ander dromeosourides, het 'n groot hand gehad met drie lang vingers, wat in hoogs gekurfde kloubene geëindig het. Dit was soortgelyk aan die bou en buigbaarheid van die vlerkbene in moderne voëls.

Die tweede vinger was die langste en die eerste een die kortste. Die struktuur van die polsbeen het gekeer dat die pols gedraai word en het die dier gedwing om die hand te hou met die palm wat wat binnetoe wys, nie ondertoe nie.

Die voetanatomie het bestaan uit die middelvoet, 'n groot element wat saamgestel was uit drie middelvoetbene, waarvan die eerste een baie kort was, en vier tone met groot kloubene. Die eerste toon was, nes in ander teropodes, 'n klein byklou. Die tweede toon, waarvoor Velociraptor die bekendste is, was hoogs aangepas en is van die grond gelig gehou, wat meegebring het dat die Velociraptor en ander dromeosourides net op hulle derde en vierde tone geloop het. Die tweede toon het 'n relatief groot, sekelvormige klou gehad wat langer as 6,5 cm kon word en heel waarskynlik gebruik is om prooi mee vas te hou.

Nes in ander dromeosourusse het Velociraptor se stert 'n lang, benerige uitsteeksel gehad wat aan die bokant van die werwels gelê het, sowel as verbeende senings daaronder. Eers is gedink die stert was pylreguit, maar minstens een spesimen is gevind met die stert sywaarts gebuig, wat beteken daar was sydelingse buigbaarheid.

Vere Fossiele van dromeosourides wat primitiewer as Velociraptor was, het vere gehad wat hulle hele lyf bedek het, asook ten volle ontwikkelde, geveerde vlerke. Die feit dat Velociraptor se voorsate geveer en moontlik tot vlieg in staat was, het paleontoloë lank laat glo dat Velociraptor ook vere gehad het, omdat selfs nievlieënde voëls vandag die meeste van hulle vere behou.

In September 2007 het navorsers slagveerknoppe aan die voorarms van 'n Mongoolse spesimen gekry. Dié knoppe aan voëls se vlerkbene dui aan waar vere geanker is, en die feit dat Velociraptor dit gehad het, dui daarop dat dit ook vere gehad het. Volgens die paleontoloog Alan Turner kon niemand dit nog bewys nie, hoewel dit lank reeds vermoed is.American Museum of Natural History. "Velociraptor had feathers." ScienceDaily 2007-09-20. Besoek op 2010-08-20.

duimnael|240px|’n Voorstelling van V. mongoliensis met groot vlerkvere. Mark Norell van die Amerikaanse Natuurhistoriese Museum sê: "Hoe meer ons van dié diere uitvind, hoe meer vind ons uit daar is basies geen verskil tussen voëls en hulle naverwante dinosoursvoorsate soos Velociraptor nie. Albei het wensbene gehad, op hulle neste gebroei, hol bene gehad en was met vere bedek. As diere soos Velociraptor vandag gelewe het, sou ons eerste indruk gewees het dat hulle bloot soos gewone voëls lyk."

Volgens Turner, Norell en Makovicky beteken 'n afwesigheid van slagveerknoppe nie noodwendig 'n dier was nie geveer nie. Flaminke het byvoorbeeld nie slagveerknoppe nie. Die ontdekking van dié knoppe aan Velociraptor is egter 'n aanduiding dat hulle wel vere gehad het. Die spesimen waaraan die knoppe ontdek is, MPC-D 100/981, verteenwoordig 'n dier van 1,5 m lank en 15 kg swaar. Gebaseer op die spasiëring van die ses bewaarde knoppe, stel die skrywers voor Velociraptor het 14 vlerkvere aan die voorarm gehad, teenoor 12 of meer in Archaeopteryx, 18 in Microraptor en 10 in Rahonavis. Dié variasie tussen naverwante spesies is te verwagte, want dit kom ook onder moderne voëls voor.

Volgens Turner en sy kollegas beteken die teenwoordigheid van slagveerknoppe aan Velociraptor, wat vermoedelik nie kon vlieg nie weens sy groot liggaamsbou en kort voorarms, dat die dromeosourides se voorsate kon vlieg, of anders het vere 'n ander doel as vir vlieg gehad. Die nievlieënde Velociraptor se vere kon vir vertoon gebruik gewees het, om hulle neste te bedek terwyl hulle broei of vir groter spoed wanneer hulle teen steil opdraandes opgehardloop het.

Klassifikasie duimnael|225px|’n Goed bewaarde skedel in Mongolië. duimnael|225px|’n Gerestoureerde skelet in Japan.

Velociraptor is lid van die groep Eudromaeosauria, 'n subgroep van die groter familie Dromaeosauridae. Dit word dikwels in sy eie subfamilie, Velociraptorinae, geplaas. In filogenetiese taksonomie word Velociraptorinae gewoonlik gedefinieer as "alle dromeosourusse wat nader aan Velociraptor verwant is as aan Dromaeosaurus". Die klassifikasie van dromeosourides wissel egter baie. Die subfamilie Velociraptorinae is aanvanklik geskep om net Velociraptor te bevat.