Iguanodontia, of die iguanodonte, was ’n klade plantvretende dinosourusse wat van die Middel-Jura tot die Laat Kryt geleef het. Van die lede is Camptosaurus, Callovosaurus, Iguanodon, Tenontosaurus en Hadrosauridae. Iguanodonte was een van die eerste groepe dinosourusse wat ontdek is. Hulle is van die bekendste dinosourusse en was van die mees uiteenlopende en wydverspreide herbivoorgroepe van die Kryt-periode.

Hulle was gewoonlik groot diere; sommige soos Shantungosaurus was tot 15 m lank en het tot 8 ton geweeg, omtrent so groot soos die grootste vleisvretende dinosourusse.

Klassifikasie Die kladogram hier onder volg die ontleding van Butler et al (2011).

Verwysings

Kategorie:Ornithopoda