Cerapoda (van Ceratopsia en Ornithopoda) is ’n suborde of klade van die dinosourus-orde Ornithischia.
Cerapoda word onderverdeel in twee groepe: Ornithopoda ("voëlvoete") en Marginocephalia ("kuifkoppe"). Laasgenoemde sluit die Pachycephalosauria ("dikkop-akkedisse") en Ceratopsia ("horinggesigte") in.
Cerapoda is in 1986 so genoem deur Paul Sereno. Die voorstelling onder volg ’n 2011-ontleding deur die paleontoloë Richard J. Butler, Jin Liyong, Chen Jun en Pascal Godefroit.
Daar is ook spesies wat moeilik klassifiseerbaar is in enige van dié subgroepe, soos Albalophosaurus yamaguchiorum, wat beskou word as "Cerapoda incertae sedis" (onsekere plasing).
Verwysings
Kategorie:Orde Ornithischia