Die Turkanaseun, ook soms die Nariokotome-seun genoem, is die algemene naam van die fossiel KNM-WT 15000, ’n byna volledige skelet van ’n hominied wat in die vroeë Pleistoseen geleef het. Dit is die volledigste vroeë menslike skelet wat nog ontdek is – dit is 1,5 miljoen jaar oud. Hy was tussen 7 en 15 jaar toe hy dood is. Die jongste studie meen hy was 8 jaar oud.
Die skelet is in 1984 ontdek deur Kamoya Kimeu, ’n lid van die paleoantropoloog Richard Leakey se span, naby die Turkanameer in Kenia.
Adolessensie en volwassenheid duimnael|links|Skelet KNM-WT 15000 (die "Turkanaseun") duimnael|links|’n Rekonstruksie van die Turkanaseun se gesig. Die vorm van die pelvis dui aan dat die skelet dié van ’n man was. Die raming van sy ouderdom toe hy dood is, hang af van of die volwassenheidstadium van sy tande of skelet gebruik word, en of sy volwassewording vergelyk word met dié van moderne mense of sjimpansees. Terwyl aanvanklike navorsing daarop gedui het dat hy op dieselfde manier as mense gegroei het, het meer onlangse studies van ander fossiele aangedui dat dit verskil het. Dit raak nie net die raming van sy ouderdom nie, maar ook of hy ’n seun of ’n volwassene was.
Morfologie Die fossiele bestaan uit 108 bene en dit is dus die volledigste vroeë menslike skelet wat nog ontdek is. Dit is sowat 1,6 m lank. As ’n volwassene sou die Turkanaseun moontlik 1,85 m lank geword en 68 kg geweeg het. Die pelvis is nouer as in Homo sapiens, wat moontlik daarop dui dat hulle op twee bene op die grond geloop het, anders as by ander hominiedspesies, wat op twee bene geloop én boom geklim het.
Die KNM-WT 15000-skelet in sy geheel het verskeie eienskappe wat nie by die mens voorkom nie, soos ’n lae voorkop, groot oogbanke en die afwesigheid van ’n ken, maar daar is genoeg eienskappe wat ooreenstem, soos ’n groter breingrootte (880 cm3). Die arms en bene was effens langer en die neus lyk meer soos mense s’n as soos die plat neuse van ape. Die liggaamshare was dalk ook dunner (hy was dalk haarloos) en hy het moontlik vergrote sweetkliere gehad om doeltreffender af te koel. Die vel was ook dalk donkerder as die mens s’n met baie melanien, wat nodig was in die helder, tropiese son van die Afrika-savanne.
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels Die Turkanaseun By Talk Origins By Archaeology Info
Kategorie:Homofossiele