Die garnaalbos (Justicia brandegeeana) is 'n klein struik wat inheems is aan El Salvador, Guatemala, Honduras en Meksiko en is 'n huisplant in Suid-Afrika. Die plant het sagte blare wat garnaalpienk is, vandaar die naam. Die blare se kleur is op hulle beste indien die plant baie lig kry, selfs sonlig. Hulle groei in temperature van 7°C tot 24°C. Voortplanting kan gedoen word deur steggies.
Fotogalery
Bronnelys Suid-Afrikaanse Huisplante Zoë Golbert 1987 Plants of the World Online
Eksterne skakels
brandegeeana Kategorie:Sierplante Kategorie:Flora van El Salvador Kategorie:Flora van Guatemala Kategorie:Flora van Honduras Kategorie:Flora van Meksiko