Skoonma-se-tong (Dracaena trifasciata) is 'n spesie in die familie Asparagaceae in die divisie van bedeksadiges (blomdraende plante, Angiospermae) in die koninkryk van plante (Plantae) en is inheems aan tropiese Afrika. Dit word as huisplant aangewend; die plant blom egter selde binnenshuis, maar is 'n mooi plant vir die kantoor. Daar is twee subspesies: Sansevieria trifasciata laurentii en Sansevieria trifasciata hahnii. Laasgenoemde kan bont ook wees. Die plante groei net so goed in die son as in redelike donker plekke. Die plante is uniek omrede hulle droë lug verkies. Hulle verkies temperature van 10°C tot 24°C.
Verspreiding Die spesie is endemies aan die Demokratiese Republiek die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee, Gaboen, Kameroen, Nigerië, Republiek die Kongo, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Tanzanië.
Galery
Bronnelys Suid-Afrikaanse Huisplante Zoë Golbert 1987 Plants of the World Online
Eksterne skakels
trifasciata Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Ekwatoriaal-Guinee Kategorie:Flora van Gaboen Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Huisplante Kategorie:Sierplante