Homo habilis (ook Australopithecus habilis) is ’n spesie van die tribus Hominini, wat sowat 2,33 tot 1,44 miljoen jaar gelede geleef het tydens die Pleistoseen-periode.New York Times, 9 Augustus 2007 Hoewel daar omstredenheid is omdat die spesie in die genus Homo geplaas is eerder as in Australopithecus, Australian Museum: http://australianmuseum.net.au/Homo-habilis. word die breingrootte op 550 cm3 tot 687 cm3 geraam, eerder as op 363 cm3 tot 600 cm3 soos voorheen vermoedBrown, Graham; Fairfax, Stephanie; Sarao, Nidhi. Tree of Life Web Project: Human Evolution. Link: http://tolweb.org/treehouses/?treehouse_id=3710 . – dus word dit meestal as ’n Homo-spesie beskou.

Van alle spesies in die genus Homo lyk H. habilis die minste soos moderne mense (behalwe die ewe omstrede Homo rudolfensis), en sy klassifikasie as Homo is sedert die 1960's die onderwerp van debat. H. habilis was kort en het relatief lang arms gehad in vergelyking met die mens; tog het die gesig minder vooruit gestrek as dié van Australopithecus, waarvan dit vermoedelik afstam. Die breinkapasiteit is effens minder as die helfte van Homo sapiens. Ondanks die aapagtige vorm van die liggaam word H. habilis-oorblyfsels dikwels aangetref saam met primitiewe steengereedskap, soos in Tanzanië en Kenia.

Daar word dikwels gemeen Homo habilis is ’n voorouer van die meer gesofistikeerde Homo ergaster, waaruit die meer mensagtige Homo erectus weer ontstaan het. ’n Debat duur voort of al hierdie fossiele tot die spesie H. habilis behoort.Tattersall, I. & Schwartz, J.H., Extinct Humans, Westview Press, New York, 2001, p. 111. Vondste in 2007 bevestig vermoedelik die mening dat H. habilis en H. erectus saam bestaan het en verskillende lyne van ’n gesamentlike voorouer verteenwoordig, eerder as dat H. erectus afstam van H. habilis. Dit kan ook wees dat ’n geïsoleerde subgroep van H. habilis die voorouer van H. erectus kon geword het terwyl ander subgroepe onveranderd gebly het tot met hul uitsterwing.

Vondste KNM ER 1813 ’n Relatief volledige kopbeen (1,9 miljoen jaar oud), in 1973 in Kenia ontdek. OH 7 ’n Onderkaak (1,75 miljoen jaar oud), in 1960 in Tanzanië ontdek. OH 24 ’n Kopbeen, ook bekend as "Twiggy" (1,8 miljoen jaar oud), in 1968 in Tanzanië ontdek. KNM ER 1805 Drie stukke van ’n kopbeen (1,74 miljoen jaar oud), in Kenia ontdek.

Verwysings

Eksterne skakels "Archaeology Info" "MNSU" "BBC:Food for thought"

Kategorie:Fossiele Kategorie:Prehistoriese mense Kategorie:Uitgestorwe primate Kategorie:Paleolitikum