Die bokbitterappel (Solanum aculeastrum) is 'n doringagtige struik of 'n klein boom, selfs die onderkant van die blare het dorings. Die spesie is deel van die Solanaceae familie. Die plant is inheems in Angola, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Golf van Guinee-eilande, Kameroen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Nigerië, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe.
Die boom groei op hellings en aan woudrande vanaf Mosselbaai tot in die Lebomboberge en ook in die ooste van Zimbabwe. Die plant word 'n onkruid op versteurde plekke.
Die boom se FSA-nommer is 669.3https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Die boom het twee subspesies: Solanum aculeastrum subsp. aculeastrum Solanum aculeastrum subsp. thomsonii (C.H.Wright) P.-M.L.Jaeger
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Solanum Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zimbabwe