Elland Road is ’n sokkerstadion in Leeds, Engeland, met sitplek vir 37 914 mense. Dit is sedert die stigting van Leeds United FC in 1919 die tuisveld van dié klub en is voor 1919 gebruik vir wedstryde van Leeds City FC.

Die stadion is die twaalfde grootste sokkerstadion in Engeland en die tweede grootste buite die Premier League.

Die stadion was as neutrale venue die gasheer vir halfeindstryde van die FA-beker asook internasionale wedstryde van Engeland en is gekies as een van agte stadions vir Euro 96. Elland Road was vroeër die tuisvelg van Holbeck Rugbyklub en hoewel die stadion sedert die vroeue 20ste eeu hoofsaaklik vir sokkerwedstryde aangewend is, is dit vir ’n paar seisoene in die middel 1980’s deur die Hunslet Hawks, ’n ligarugbyspan, gebruik. Die stadion het konserte van onder andere Queen, U2, Happy Mondays en meer onlangs die Kaiser Chiefs en Rod Stewart aangebied.

Elland Road bestaan uit vier hoofpaviljoene – die Reviepaviljoen, die Oos-paviljoen, die Suid-paviljoen en die John Charles-paviljoen wat die kapasiteit saam met die hoeke op 37 914 te staan bring. The Football League - Leeds United Die grootste skare wat al op Elland Road was, was op 15 Maart 1967 toe 57 892 mense ’n herhaling van die 5de rondte-wedstryd tussen Sunderland en Leeds United gekyk het. Dit was voordat die stadion slegs sitplek gehad het (soos bepaal in die Taylor-verslag). Die moderne rekord is 40 287 vir ’n Premierskapwedstryd tussen Leeds United en Newcastle United op 22 Desember 2001.

Fotogalery

Wedstryde UEFA Europa-beker 1996 Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 1996. DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 9 Junie 1996 14:30 1–1 Groep B 24 006 15 Junie 1996 18:00 1–1 Groep B 35 626 18 Junie 1996 16:30 1–2 Groep B 32 719

Rugby League toetswedstryde Toets#DatumSpan 1TellingSpan 2ToeskouersNotas 1 19 Januarie 1921 35–9 13 000 2 30 November 1932 14–13 4 000 3 11 November 1950 14–9 22 000 1950–51 Europese kampioenskap 4 15 November 1980 Groot-Brittanje 10–2 8 210 5 19 Oktober 1985 24–22 Groot-Brittanje 12 591 6 8 November 1986 34–4 Groot-Brittanje 30 808 1986 As-reeks 7 28 Oktober 1989 Groot-Brittanje 26–6 13 000 8 24 November 1990 14–0 Groot-Brittanje 32 500 1989–1992 Wêreldbeker1990 As-reeks 9 20 November 1994 23–4 Groot-Brittanje 39 468 1994 As-reeks 10 16 November 1997 37–20 Groot-Brittanje 39 337 1997 Superliga toetsreeks 11 27 November 2004 44–4 Groot-Brittanje 39 120 2004 Drienasies-eindstryd 12 27 November 2005 24–0 26 534 2005 Drienasies-eindstryd 13 14 November 2009 46–16 31 042 2009 Viernasies-eindstryd 14 19 November 2011 30–8 34 147 2011 Viernasies-eindstryd

Rugbywêreldbeker 2015 Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2015. DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 26 September 2015 14:30 23–18 Groep D 33 120 27 September 2015 14:30 39–16 Groep B 33 521

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Leeds Kategorie:Rugbystadions in Engeland Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Engeland