duimnael|220px|links|Dimetrodon word aangetref in die Kungurium van Noord-Amerika. Die Kungurium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Perm (epog/serie Sisuralium). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die etage/tydsnede was van sowat 283,5 tot 272,3 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Artinskium en gevolg deur die Roadium.
Naam en definisie Die Kungurium is genoem na die Russiese stad Koengoer, suid van die stad Perm. Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Neostreptognathus pnevi en Neostreptognathus exculptus, en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Jinogondolella nanginkensis.
Verwysings
Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .
Kategorie:Sisuralium Kategorie:Tydsnedes