Die Changhsingium is die laaste chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Perm. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 254,2 tot 252,1 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Wuchiapingium en gevolg deur die eerste etage/tydsnede van die Trias, die Indusium.
Naam en definisie Die Changhsingium is genoem na die Chinese stad Chángxīng, en dit is ook waar die tipeligging van die etage voorkom.Jin et al. (2006) Die basis word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Clarkina wangi en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Hindeodus parvus.
Die einde van die Changhsingium val saam met die Perm-Trias-uitwissing, die grootste massauitwissing in die geskiedenis van die aarde.
Verwysings
Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, . Brack, P.; Rieber, H.; Nicora, A. & Mundil, R.; 2005: The Global boundary Stratotype Section and Point (GSSP) of the Ladinian Stage (Middle Triassic) at Bagolino (Southern Alps, Northern Italy) and its implications for the Triassic time scale., Episodes 28(4), p. 233-244. Jin, Y.; Wang, Y.; Henderson, C.; Wardlaw, B.R.; Shen, S. & Cao, C.; 2006: The Global Boundary Stratotype Section and Point (GSSP) for the base of Changhsingian Stage (Upper Permian) Episodes 29(3), p. 175-182.
Kategorie:Lopingium Kategorie:Tydsnedes