__NOTOC__
Tobi Jooste is 'n Suid-Afrikaanse sanger, model, skrywer en TV-persoonlikheid van die Karoo, Suid-Afrika. Hy is tans in Johannesburg woonagtig. Jooste is bekend vir sy baritonstem. Hy sing in Afrikaans, Engels en Italiaans. Vroeër het Leo Musiek sy musiek bemark, maar hy is tans by Storm Rekordz.
Hy was die gasheer van Reik na die sterre op kykNET, asook ander programme wat op Suid-Afrikaanse televisiestasies uitgesaai is, onder meer op ASTV (Paparazzi)Paparazzi (Promo) en TopTV.
Hy het sy eie mode-etiket genaamd "Royal Active Tags", en is die gesig van Maria Garcia MEN International.
Hy is ook 'n skrywer en het die boek Inluister geskryf, wat al in sy derde druk is. Sy tweede boek, Daar is 'n Eiffeltoring in sy Boedel, is op die top-10 lys van beste verkopers in Suid-Afrika. Hy het 'n gereelde wynproe-kolom vir 'n wyn-webwerf. Hy doen self die ontwerpe vir sy musiek en publikasies.
Boeke Inluister Daar is 'n Eiffeltoring in sy Boedel
Diskografie Sprei Jou Vlerke (2 CDs) Onthou Jy (2 CDs) Amoré Ander Die Beste Sover Hartkamers
Verwysings
Eksterne skakels Tobi Jooste se tuisblad
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Lewende mense