duimnael|links|170px|Brotheotrachyceras brotheus, ’n ammonietsoort uit die Karnium. Die Karnium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Trias (serie/epog Laat Trias). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 235 tot 228 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012); volgens Brack et al. (2005) van 235 tot 226 miljoen jaar Dit is voorafgegaan deur die Ladinium en gevolg deur die Norium.

Naam en definisie Die Karnium is genoem na die Karniese Alpe in die Oostenrykse deelstaat Karinthië, waar die tipeligging ook voorkom.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniete Daxatina en Trachyceras en van die Conodonta Metapolygnathus polygnathiformis. Die bokant van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniete Klamathites macrolobatus en Stikinoceras kerri en van die Conodonta Metapolygnathus communisti en Metapolygnathus primitius.

Verwysings

Bronne Brack, P.; Rieber, H.; Nicora, A. & Mundil, R.; 2005: The Global boundary Stratotype Section and Point (GSSP) of the Ladinian Stage (Middle Triassic) at Bagolino (Southern Alps, Northern Italy) and its implications for the Triassic time scale, Episodes 28(4), pp. 233-244. Broglio Loriga, C.; Cirilli, S.; De Zanche, V.; Di Bari, D.; Gianolla, P.; Laghi, G.; Manfrin, S.; Mastandrea, A.; Mietto, P.; Muttoni, G.; Neri, C.; Posenato, R.; Rechichi, M.C.; Rettori R. & Roghi, G.; 1999: The Prati di Stuores/Stuores Wiesen section (Dolomites, Italy): a candidate Global Stratotype section and Point for the base of the Carnian stage, Rivista Italiana di Paleontologia e Stratigrafia 105, pp. 37-78. Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .

Kategorie:Trias