Die Ladinium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Trias (serie/epog Middel-Trias). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 242 tot 235 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012); volgens Brack et al. (2005) van 241 tot 235 miljoen jaar Dit is voorafgegaan deur die Anisium en gevolg deur die Karnium.

Naam en definisie Die Ladinium is genoem na die Ladini, ’n bevolkingsgroep in die Dolomiete in die noorde van Italië. Die tipeligging kom voor in ’n ontsluiting langs die rivier Caffaro by Bagolino in die Italiaanse provinsie Brescia.Brack et al. (2005)

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniet Eoprotrachyceras curionii of die Conodonta Budurovignathus. Die bokant van die etage is nog nie definitief vasgestel nie.

Verwysings

Bronne Bittner, A.; 1892: Was ist norisch?, Jahrbuch der kaiserlich-königlichen geologischen Reichsanstalt 42(3), pp. 387-396. Brack, P.; Rieber, H.; Nicora, A. & Mundil, R.; 2005: The Global boundary Stratotype Section and Point (GSSP) of the Ladinian Stage (Middle Triassic) at Bagolino (Southern Alps, Northern Italy) and its implications for the Triassic time scale, Episodes 28(4), pp. 233-244. Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .

Kategorie:Trias