duimnael|links|’n Hercosestria cribrosa uit die Roadium. Die Roadium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Perm (epog/serie Guadalupium). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die etage/tydsnede was van sowat 272,3 tot 268,8 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Kungurium en gevolg deur die Wordium.
Naam en definisie Die tipeligging van die Roadium is in die Stratotype-canyon in Texas, VSA. Die basis word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Jinogondolella nanginkensis en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Jinogondolella aserrata.
Die Roadium is ’n tysnede waarin die Therapsida vermeerder en oor diverse nisse versprei het.
Verwysings
Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .
Kategorie:Guadalupium Kategorie:Tydsnedes