Die bosveldwitysterhout (Vepris reflexa) is 'n klein boom wat voorkom vanaf Port St. Johns tot in Beira en binnelands vanaf Eswatini tot in die sentrale Zambezivallei. Dit is ook inheems in Botswana, Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe.
Die boom groei in droë woud en op klipperige hellings naby strome en riviere. Dit verkies beskutte areas soos ruigtes en klowe, veral in die Malelane-gebergtes in die Krugerwildtuin.
Die boom se FSA-nommer is 260, en in Engels bekend as die Bushveld white ironwood.
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Verwysings
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
reflexa Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe