Die nieshout (Ptaeroxylon obliquum) is 'n mediumgroot boom (tot 15 m hoog) wat inheems is aan Afrika suid van die ewenaar. Dit kom in die volgende lande voor: Angola, Botswana, Eswatini, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe. Hierdie spesie is 'n Monotipiese takson, dit het dus net een spesie wat tot die genus hoort.

Beskrywing duimnael|links|Manlike blomme duimnael|links|Stam Dit kan 'n groot boom word in woude, maar is klein in struikwoude, bosveld, klowe of heuwelstreke. Kenmerkend van die boom is die blare wat ewe geveer en teenoorstaande is, met 'n effens gevleuelde ragis. Die bas is aanvanklik lig geelbruin maar bars namate dit groei en onthul dan 'n liggeel bas in die groewe. Manlike en vroulike blomme word aan verskillende bome gedra. Die vrug is 'n plat kapsule wat in twee kleppe oopsplyt wanneer die sade vrygestel word.

Die boom se FSA-nommer is 292.

Gebruike In die Oos-Kaap en die middellande van KwaZulu-Natal is nieshoutbome vroeër as heiningpale en dwarslêers gebruik. Die kleiner bome word gebruik vir hutkonstruksie omdat hulle termietbestand is.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe