Die Hererosesambos (Sesamothamnus guerichii) is 'n doringagtige, kremetartagtige dwergplant of klein boompie wat in die noordweste van Namibië en Angola voorkom in rotsagtige habitatte. Die boom is vir die grootste gedeelte van die jaar blaarloos en het net na reën blare en dan slegs vir ongeveer 'n maand. Hierdie boom dra goudgeel blomme.
Die boom se FSA-nommer is 679.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Onine
Sien ook Duiwelsklou, 'n plant in dieselfde familie. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Sesamothamnus Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Namibië