240px|duimnael|Gebraaide hoenderporsies 240px|duimnael|Heel hoenders op 'n supermark se spitbraaier 240px|duimnael|'n Heel gebraaide hoender

Hoendervleis is die vleis afkomstig van 'n hoender. Dit is die vleissoort wat die meeste geëet word ter wêreld. Hoender word as deel van 'n maaltyd soos middagete of aandete geëet. Dikwels is dit ook 'n spesialiteit in 'n restaurant of tydens feesdae soos Paasfees en Kersfees. Hoendervleis word, net soos die vleis van ander pluimvee (voëls), witvleis genoem. Nederlandse voedingsentrum Dit is in teenstelling met die rooivleis van soogdiere.

Hoendervleis kan op baie maniere voorberei word as voedsel, byvoorbeeld gerooster, op 'n braaier, gebak of gekook met allerlei kruie en speserye, selfs gekook in sop.

Verskillende geregte Braaihoender Heel hoender, gevul of nie Halwe hoender Hoenderpote / hoenderkoppe (ook genoem "walkie-talkies") Hoendervlerkies ('n variant hiervan is "hot wings", 'n pikante dis van hoendervlerkies) Boudjies (die onderste gedeelte van die hoenderboud word voorgesit by buffetetes) Hoenderborsies Hoenderlewers en -magies (peri-peri of nie) Hoender à la King Hoender Kiëf

Gesondheidsrisiko's van hoendervleis Salmonella kom gereeld op rou hoender voor, daarom is dit baie belangrik dat hoender altyd goed gaargemaak word en beslis nie rooi dele toon nie.

As gevolg van hierdie risiko's staan daar op die etiket van pluimveevleis in Europa 'n waarskuwing met die volgende teks:

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Hoenders Kategorie:Vleis