duimnael|300px|Seekos
Seekos-allergie is 'n tipe voedselallergie. Dit is 'n hipersensitiwiteit vir voedingstowwe (of moontlik allergene) uit skulpvis, skubvis of skaaldiere. Dit veroorsaak dan 'n oorreaksie van die immuunstelsel, wat vir miljoene mense tot ernstige gesondheidsimptome kan lei, insluitend anafilaktiese skok.National Institutes of Health, NIAID Allergy Statistics 2005Asthma and Allergy Foundation of America 2005 Die Asma- en Allergiestigting van Amerika (AAFA) beraam dat die meerderheid van voedselallergie-pasiënte, kinders en volwassenes is met 'n seekos-allergie.“Allergy Facts and Figures,” Asthma and Allergy Foundation of America Dit kom hoofsaaklik (maar nie uitsluitlik nie) by volwassenes voor.
Allergiese reaksies kan voorkom wanneer die gevoelige persoon die allergeenstof inneem, òf deur die blootstelling aan dampe wat voortspruit uit kook van seekos, òf selfs slegs voorbereiding of hantering.
Behandeling Seekos-allergieë kan gewoonlik behandel word met 'n uitsluitingsdieet en waaksaamheid om voedsel te vermy wat met skulpvis- of visbestanddele en/of visolies besmet is. In ernstige gevalle kan 'n geval van seekos-allergie lei tot 'n anafilaktiese reaksie, wat 'n noodgeval is en onmiddellike mediese aandag benodig. Dit word behandel met adrenalien (Am: Epinefrien), wat met 'n EpiPen toegedien kan word.
Sien ook Ciguatera
Verwysings
Kategorie:Immuunstelsel