duimnael|regs|'n Strand by Umdloti Umdloti is 'n dorpie en vakansieoord aan die noordkus van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika. Dit is by die mond van die Mdlotirivier, noord van Durban geleë en vorm deel van eThekwini, die Groter Durban Metropolitaanse Munisipaliteit. Die naam Mdloti is 'n Zoeloewoord vir 'n spesie wilde tamatie wat hier groei.

Die dorp is bekend vir die dolfyne wat soggens naby die strand swem. Walvisse kan van Augustus tot November vanaf die strand gesien word. 'n Natuurlike rotspoel bied 'n veilige swemplek vir vakansiegangers.

Umdloti het 'n permanente bevolking van sowat 3 000 mense, maar dit verhoog tienvoudig oor Kersfees en Paasfees. Dit beskik oor 'n poskantoor en verskeie restaurante.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels Umdloti se amptelike webtuiste

Kategorie:Voorstede van Durban