200px Siegfried Sassoon
Engelse digter en skrywer
Gebore 8 September 1886 in Matfield, Kent, Engeland, Groot-Brittanje
Oorlede 1 September 1967 Heytesbury, Wiltshire, Engeland
Literêre genres Oorlogspoësie, fiksie, biografie
Bekende werke The Complete Memoirs of George Sherston Siegfried Loraine Sassoon (* 8 September 1886, † 1 September 1967) was 'n beduidende Engelse digter, skrywer en soldaat. Sassoon, wat dekorasies vir dapperheid tydens die gevegte aan die Wesfront ontvang het, het - naas Rupert Brooke, Wilfred Owen en Isaac Rosenberg - een van die leidende War Poets of digters van die Eerste Wêreldoorlog geword.
In sy gedigte het hy sowel die verskrikkings van die loopgrawe beskryf asook 'n satiriese blik op die patriotiese aanmatigings van diegene van sy tydgenote gebied wat, vanuit sy oogpunt, vir die nasionalisties-gedrewe oorlog verantwoordelik was. Later het hy bekendheid met sy prosawerke verwerf, waaronder sy fiksionele outobiografie wat algemeen as die "Sherston-trilogie" bekend staan.
Kategorie:Britte in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Engelse militariste Kategorie:Engelse digters Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Geboortes in 1886 Kategorie:Sterftes in 1967