Polokwane Internasionale Lughawe, voorheen bekend as Pietersburg Internasionale Lughawe of Gateway Internasionale Lughawe (IATA: PTG, ICAO: FAPP), is 'n lughawe in diens van die stad Polokwane (tot 2005 bekend as Pietersburg) in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die lughawe is 5 km noord van die stad geleë. Limpopo Toerisme & Parke: Lugvervoer Dit is in 1996 geopen op die perseel van die voormalige Lugmagbasis Pietersburg. Gateway Internasionale Lughawe: Geskiedenis
Die lughawe het geskeduleerde vlugte van en na Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe, met vyf vlugte op weeksdae, een vlug op Saterdae en twee op Sondae. Gateway Internasionale Lughawe: Vlugskedules In 2010/11 het die lughawe 7 783 vlugte met 58 723 passasiers vir die jaar hanteer.
In April 2021 het Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid die lughawe se lisensiekategorie weens die onvoldoende voorsiening van veiligheidsdienste vir geskeduleerde kommersiële vlugte afgegradeer. Vervolgens het Airlink sy vlugte hierheen opgeskort.
Geskiedenis Die lughawe is op 29 Maart 1996 amptelik deur meneer Thabo Mbeki, destyds die adjunkpresident en in 2005 die President van die Republiek van Suid-Afrika, geopen. Daarna is die lughawe "Pietersburg Internasionale Lughawe" herdoop en het in 2005 die naam Polokwane Internasionale Lughawe gehad.
Belangrike amptelike seremonies by die lughawe sluit in die naamgewing van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Boeing 747-400 ZS-SBK. Die vliegtuig het op 10 April 1999 die naam The Great North gekry en is later Limpopo herdoop.
Infrastruktuur in Mei 2005 In 2005 was daar twee aanloopbane, wat ’n X gevorm het, en vier groot staanblaaie. Die eindpuntgebou het sy eie staanblad gehad, en ’n staanblad met genommerde parkeerareas was links van die beheertoring geleë. Nog ’n staanblad was regs van die beheertoring geleë, met nog een verder regs van die beheertoring.
Verskeie gras- en betonwalle was aangrensend aan die staanblaaie links en regs van die beheertoring en die staanblad na regs van die beheertoring.
’n Groep van drie parallelle loodse was regs van die beheertoring geleë. ’n Lang loods het ’n hoek gevorm met en was regs van die drie parallelle loodse. Een groep loodse (agt, waarvan sommige deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se lugvleuel gebruik is) was agter die graswal agter die staanblaaie links en regs van die beheertoring. Nog ’n groep loodse (vier) was min of meer in lyn met die eerste groep loodse agter ’n betonwal agter die staanblad ver regs van die beheertoring. ’n Derde groep loodse (ook vier) was agter die betonwal regs van die staanblad wat ver regs van die beheertoring geleë was.
Latere verbeterings van die infrastruktuur As deel van die voorbereidings vir die 2010 FIFA Wêreldbeker is die lughawe opgegradeer. Infrastruktuuropgraderings van die lughawe het ’n aanloopbaanverbetering, die modernisering van die passasierseindpuntfasiliteite en die opknapping van die navigasietoerusting behels. Te danke aan hierdie verbeterings kon die lughawe internasionale huurvlugte, ’n groot toevloei van sokkerentoesiaste en amptelike wedstrydafgevaardigdes hanteer.
Maatskappye wat in 2005 op die lughawe gebaseer was Maatskappye wat in 2005 op die lughawe gebaseer was, het eMoyeni Air Charter, G&L Aviation asook Interair Suid-Afrika (’n vliegtuiginstandhoudingsorganisasie) ingesluit.
eMoyeni Air Charter is in 1994 gestig. Die maatskappy het onder andere helikopters bedryf. In 2005 het dit jag-, plesier-, sake- en uitsigvlugte onderneem. Die naam eMoyeni beteken “in die wolke”.
In 2005 het G&L Aviation huurvlugte, vliegopleiding en die verhuring en verkoop van vliegtuie behartig. G&L Training was by die lughawe gebaseer. Vliegtuie het die Cessna 172 met die registrasienommer ZS-NWG ingesluit. Die Piper Navajo-vliegtuie met die registrasienommers ZS-MLZ en ZS-MNS is te koop aangebied. duimnael|Boeing 727-116C ZS-IJH op 21 Mei 2005 in Interair Suid-Afrika se loods Interair Suid-Afrika was in 2005 ’n nislugredery waarvan die hoofkwartier in Johannesburg, Suid-Afrika was. Dit was ’n streekslugredery wat daarin gespesialiseer het om volledige dienste aan die sakeman te lewer (hoewel die lugredery ook vir ekonomieseklas-passasiers voorsiening gemaak het). Die roetestruktuur van die maatskappy het bestaan uit geskeduleerde dienste na en van Johannesburg na die Indiese Oseaan-eilande asook lande in Wes-Afrika en spesifiek na die Frans-sprekende lande. Vanaf Johannesburg het die maatskappy na Antananarivo, Réunion, Ndola, Libreville, Cotonou, Brazzaville en Ndjamena gevlieg. In Wes-Afrika het die lugredery na Brazzaville, Bamako, Cotonou, Ouagadougou en Libreville gevlieg (sommige van hierdie dienste is in samewerking met Aero Benin onderneem). Die lugredery is ook as ’n vliegtuiginstandhoudingsorganisasie gesertifiseer en het W-, B- en C-dienste op Boeing 707’s, 727’s en 737’s in sy drievak-loods (die lang loods) op Polokwane Internasionale Lughawe uitgevoer.
Boeing 707’s, 727’s en 737's in 2004 en 2005
Verskeie Boeing 707’s en 727’s en ouer 737’s kon in 2004 en 2005 op Polokwane Internasionale Lughawe gesien word. ’n Hele sewe Boeing 707’s en 727’s was op 21 Mei 2005 op ’n rybaan links van een van die aanloopbane geparkeer. Hierdie groepie vliegtuie het die Boeing 727's met die registrasienommers 5N-BCY, EL-GPX, TC-IYA en S9-BOE asook die Boeing 707's met die registrasienommers ZS-IJI, 5Y-BNJ en 3C-JZW ingesluit. Daarbenewens was daar in 2004 en 2005 twee Boeing 727’s en twee Boeing 737’s op Interair Suid-Afrika se deel van die lughawe. Hierdie vliegtuie was nie almal volledig nie en is waarskynlik gebruik om onderdele vir ander vliegtuie te verskaf, want toe sommige van hulle in 2004 gesien is, was hulle vollediger.
Ander lugvaartattraksies in Pietersburg en Polokwane
Aantekeninge Die inligting in die eerste twee paragrawe rakende die opening van die lughawe en die naamgewing van Boeing 747 ZS-SBK is van gedenkplate in die lughawe verkry.
Die inligting rakende die 2005-infrastruktuurbeskrywing van die lughawe en oor G&L Aviation is deur observasie bekom.
Jet Airliner Production List (Boeing) is gebruik om navorsing te doen oor die inligting wat in sommige fotobyskrifte gebruik word.
Die volgende verwysingsbron is ook geraadpleeg:
Verwysings
Eksterne skakels FAPP Polokwane Internasionale Lughawe "Great Circle Mapper"
Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika Kategorie:Polokwane