Horace Walpole, 4de Graaf van Orford (soms ook Horatio Walpole, * 24 September 1717, † 2 Maart 1797) was 'n Engelse kunshistorikus, skrywer, intellektueel, antikwaar en politikus van die Whig-party. Hy word tans veral verbind met Strawberry Hill House, die huis wat hy vir homself in Twickenham suidwes van Londen laat bou het en waar hy die Gotiese boustyl enkele dekades voor sy Victoriaanse opvolgers laat herleef het, asook sy Gotiese roman The Castle of Otranto. Naas hierdie boek, wat van Walpole die vader van Gotiese fiksie gemaak het, berus sy literêre reputasie op sy Letters wat van groot sosiale en politieke belang is.
Horace Walpole was die seun van die eerste Britse premier, Sir Robert Walpole, 'n neef van admiraal Lord Nelson se grootmoeder. Aangesien hy kinderloos gebly het, het sy baronie na sy neef met dieselfde van oorgegaan wat die nuwe Graaf van Orford geword het.
Kategorie:Engelse politici Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Kunsgeskiedkundiges Kategorie:Geboortes in 1717 Kategorie:Sterftes in 1797