Die rooikershout (Pterocelastrus rostratus) is 'n boom wat voorkom vanaf Kaapstad tot in die Soutpansberg asook Eswatini en Lesotho.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:162442-1 Die boom het kenmerkende blare met onopvallende are, blinker aan die bokant en dowwer aan die onderkant met 'n golwende blaarrand. Die takkies is vierkantig en pienkerig rooi van kleur.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi

Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika