230px Wollaton Hall
in Wollaton Park, Nottingham Engeland
Opgerig
Tussen 1580 en 1588
Boustyl
Elizabethaans, met vroeë Jacobiaanse elemente
Argitek
Robert Smythson
Webtuiste Chatsworth House Wollaton Hall is 'n herehuis op 'n klein, maar prominente heuwel in Wollaton Park, Nottingham, Engeland. Die huis, wat tussen 1580 en 1588 vir Sir Francis Willoughby opgerig is en aan die argitek Robert Smythson toegeskryf word, is intussen in besit van die Nottinghamse Stadsraad. Dit huisves tans die Nottinghamse Museum vir Natuurgeskiedenis (Nottingham Natural History Museum), terwyl 'n tweede museum, die Nottinghamse Nywerheidsmuseum (Nottingham Industrial Museum) in die buitegeboue ingerig is. Die omliggende parklandskap word gereeld vir grootskaalse publieke opelug-vermaaklikhede soos rockkonserte, sporttoernooie en feeste gebruik.
Kategorie:Herehuise in Engeland