Quakenbrück 280px Kaart Wapen 170px|center 75px|center Ligging 90px|center Land  Deelstaat 20px Nedersakse Koördinate  Stigting (eerste verwysiging) 1235 Oppervlakte:    - Totaal 17,95 vk km  Hoogte bo seevlak 24 m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2012) 12 746  - Bevolkingsdigtheid 710/vk km Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Claus Peter Poppe (SPD) Amptelike Webwerf quakenbrueck.de

Quakenbrück (Nederduits: Quokenbrügge) is 'n stad in die noorde van Duitsland in die deelstaat Nedersakse. Dit is langs die Haserivier geleë en vorm deel van die "samtgemeinde" (kollektiewe munisipaliteit) van Artland. Die plek het ongeveer 13 000 inwoners.

Quakenbrück is bekend vir sy professionele basketbalspan, die Artland Dragons.

Geskiedenis duimnael|links|Stadsaal by die mark. Volgens die oudste beskikbare dokumente is Quakenbrück in 1235 deur die biskop van Osnabrück gestig, alhoewel die gebied vroeër ook bewoon was. Dit het as 'n grens na die noorde van Osnabrück gedien.

Op 29 Mei 1916 is 'n spykerman van Franse populier gemaak en deur Clemens Freiherr von Schorlemer-Lieser aan die stad geskenk. Die standbeeld, wat 'n 13de-14de eeuse ridder met 'n harnas, skild en 'n swaard uitbeeld, is in die stadsaal uitgestal en het bekend geraak as die Quakenbrück Yster Ridder (Quakenbrücker Eiserne Burgmann). Die beeld is deur twee soldate van Schorlemer se Bataljon gebou. Inkomste uit die beeld is vir verdere oorlogvoering aangewend.Heiko Bockstiegel: Der Eiserne Burgmann im Rathaussaal zu Quakenbrück. in: Heimat-Jahrbuch Osnabrücker Land 1980, S. 54ff.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Nedersakse