Spilopelia is 'n klein maar wydverspreide genus van voëls in die duiffamilie (Columbidae). Volgens die "IOC World Bird List" bevat die genus twee spesies. Verskeie ander bronneHoward and Moore Complete Checklist of the Birds of the World, 2003 groepeer hierdie spesies saam met die genus Streptopelia, maar die twee taksa kan deur morfologiese en gedragsverskille onderskei word. Die lemoenduif is ongewoon deurdat dit 'n legsel van tot 4 eiers kan lê, terwyl S. chinensis soos die tortels slegs twee lê. Die naam Spilopelia kombineer die Griekse woord spilos, wat "kol" beteken, met peleia, wat "duif" beteken.
Spesies Die genus bevat twee of drie spesies:
Spilopelia chinensis (Scopoli, 1786) – Chinese rooiborsduif Spilopelia suratensis (Gmelin, 1789) – Indiese rooiborsduif Spilopelia senegalensis (Linnaeus, 1766) – Lemoenduif
Die Indiese rooiborsduif (S. suratensis) word deur sommige voëlkundiges as 'n volwaardige spesie, eerder as subspesie van S. chinensis beskou. (subskripsie) Dit is onder meer duidelik gevlek aan die rugkant.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Kategorie:Duiwe