Die Gariepbauhinia (Adenolobus garipensis) is 'n klein boom met 'n yl kroon. Die boom groei op dor, klipperige heuwels van die noorde van Suid-Afrika deur Namibië tot by Angola en die Demokratiese Republiek die Kongo. Die takke van die boom is bruingroen en die bas is glad. Die blare is soms gebondel aan kort takkies of hulle kan aan lang, dun lote gedra word. Die blare is dikwels ingevou en lyk soos peule. Die boom dra dun, ronderige peule. Die boom se FSA-nommer is 208.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika