230px Chatsworth House
in Derbyshire, East Midlands Engeland
Opgerig
Vanaf 1553
Boustyl
Barok
Argitekte
William TalmanThomas ArcherJeffry WyattvilleJoseph PaxtonJames Paine
Webtuiste Chatsworth House
Chatsworth House is 'n groot herehuis in die Engelse graafskap Derbyshire (East Midlands-streek). Dit is in die administratiewe distrik Derbyshire Dales geleë, sowat 5,6 kilometer noordoos van Bakewell en 14 kilometer wes van Chesterfield. Die huis dien as woning van die Hertog van Devonshire en word deur sy familie, die Cavendish, bewoon sedert Bess of Hardwick haar in 1549 in Chatsworth gevestig het.
Die huis is op die oosoewer van die River Derwent geleë en kyk uit oor die heuwels wat die Derwent- en Wye-riviervalleie van mekaar skei. Die herehuis, wat temidde van 'n uitgestrekte parklandskap en teen die agtergrond van beboste heuwels, wat in 'n heideveldlandskap oorgaan, ontstaan het, huisves 'n unieke versameling skilderye van onskatbare waarde, naas meubels, tekeninge van ou meesters, beeldhoukuns in die neo-klassieke styl, boeke en ander artefakte. Chatsworth is verskeie kere as die Verenigde Koninkryk se gewildste herehuis aangewys.
duimnael|400px|senter|Chatsworth House met die jagtoring bo.
Kategorie:Herehuise in Engeland