Bauhinia is 'n plant genus wat hoort tot die sub-familie Caesalpinioideae in die familie Fabaceae. Plante van die genus het merkwaardige tweelobbige of diep ingekeepte blare. Die blare lyk baie soos dié van 'n skoenlapper. Bykans alle spesies in die genus dra groot en aanskoulike blomme en peule wat normaalweg oopbars om sade vry te stel. Daar is tans 194 spesies wat tot die genus hoort.http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:327181-2
Spesies Boom spesies Bosbeesklou (Bauhinia tomentosa) Fynbauhinia (Bauhinia natalensis) Keibauhinia (Bauhinia bowkeri) Koffiebeesklou of Kalaharibauhinia (Bauhinia petersiana) Vlam-van-die-vlakte (Bauhinia galpinii)
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika