Sarthe (72) is 'n département (administratiewe distrik) in die weste van Frankryk. Dit is een van die vyf départements in die région (gewes) Pays de la Loire. Die prefektuur (administratiewe hoofstad) is Le Mans.
Die département het ongeveer 566 412 inwoners (2019 skatting). Dit is een van die oorspronklike 83 Franse départements waarin Frankryk tydens die Franse Rewolusie ingedeel is.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Departemente in Pays de la Loire