Die Pondopalm (Jubaeopsis afra) is 'n waaiervormige palmboom spesie. Dit hoort aan die monotipise genus Jubaeopsis. Dit kom voor slegs op die oewers van die Mtentu- en Msikabariviere in die noordelike area van die Oos-Kaap. Op die SANBI-rooilys is dit as bedreigde spesies (EN) gelys. Daar is net twee populasies, elk het minder as 50 volwasse bome. Die een naby die Msikabarivier is beskerm in die Natuurreservaat Mkambati, maar die ander een aan die Mtenturivier is onbeskerm. Die vrugte wat op kokosneute lyk is 'n gewilde voedsel onder die bevolking en die boom is ook gewild vir handel in tuinplante.

Die boom kom in die kusreënwoud voor en is waarskynlik 'n relik van Wes-Gondwana se flora. Die naasverwante spesie is Jubaea chilensis wat in Chili groei.

Die boom se FSA-nommer is 27https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Palms